Friday, April 4, 2014

Laaste dag op toer

Die kinders het tot vandag tot 17:00 wat hulle hul lasste goed kan doen in Den Haag (Die Tuin). Daar is 'n mark hier wat van die grootste in die wêreld is, en die mark sal seker deur die meeste van ons besoek word. Ek sal foto's van die mark neem en so teen 12:00 foto's daarvan op hierdie blog plaas.

Die hokkiewedstryde is nou verby, en dit was BAIE hard vir die kinders. Die spelers is seer en beslis uit hulle gemaksone gehaal. Ek glo dat as die spelers op enkele aspekte gaan bly werk as ons terug is in ons geliefde land, gaan Menlo hokkie nog groot treë gee hierdie seisoen. 

Ek sal later, as ons tyd het op die lughawe enkele aspekte deurgee van die toer wat ons as hokkiegemeenskap baie interessant sal vind.

Mag ek op hierdie stadium BAIE DANKIE sê aan elke ouer wat dit vir hulle kind(ers) -eina- moontlik gemaak het om op die ongelooflike "lewensreis" te kon gaan. Ek dink persoonlik hulle het nie net baie hokkie geleer nie, maar beslis ook ander goed gesien en beleef wat hulle nog sal bybly in die lewe.

Hou die bladsy dop vir foto's na die markbesoek.

Groete uit Die Tuin


























Wedstryde teen Roodwit (seuns)

O/18 seuns verloor 2-5
O/16 seuns verlor 0-5









Efteling
















Thursday, April 3, 2014

Wedstryde in Rotterdam

Rotterdam se hokkie is die nr 1 klub in Nederland. Gevolglik was die wedstryde weer kliphard. Die onder 18 seuns en dogters het albei gelykop gespeel (seuns 1-1; dogters 2-2). Die onder 16's is, saam met n klompie beserings, op die leerkurwe. Al die spanne se hokkie het groot treë hierdie afgelope week gegee. 

Die wedstryde hier is almal 35 minute aan 'n kant - dit is dus gevolglik 70 minuut wedstryde. Die aanpassing m.b.t. Tyd is veral sigbaar by die o/16 omdat hulle gewoond is aan 50 minute. 20 minute se ekstra hokkie teen 'n hewige tempo is baie rof op die spelers se bene. Ons seuns en dogters sal verseker sterker terugkom in Suid-Afrika.

Vandag is die temapark Efteling op die spyskaart - blykbaar gaan dit n ongelooflike ervaring wees. Vanaand is dan ons laaste wedstryde en ons wil graag op n hoogtepunt afsluit - die vyfde wedstryd in n ry teen top hokkieklubs. 

Die weer vandag is die eerste keer Europese weer vir die tyd van die jaar. Dit lyk maar baie kouerig.

Intussen moet u maar so 'n stukkie rooivleis vir die kinders reg hê vir Sondagaand - GEEN pasta, brood, kouevleis of kaas nie asb!

Groeteuit The Hague

Rotterdam

Die spelers is tans besig met afrigtingskliniek. Weereens kom 'n mens agter dat alles van ' hoëgehalte is.