Friday, April 4, 2014

Laaste dag op toer

Die kinders het tot vandag tot 17:00 wat hulle hul lasste goed kan doen in Den Haag (Die Tuin). Daar is 'n mark hier wat van die grootste in die wêreld is, en die mark sal seker deur die meeste van ons besoek word. Ek sal foto's van die mark neem en so teen 12:00 foto's daarvan op hierdie blog plaas.

Die hokkiewedstryde is nou verby, en dit was BAIE hard vir die kinders. Die spelers is seer en beslis uit hulle gemaksone gehaal. Ek glo dat as die spelers op enkele aspekte gaan bly werk as ons terug is in ons geliefde land, gaan Menlo hokkie nog groot treë gee hierdie seisoen. 

Ek sal later, as ons tyd het op die lughawe enkele aspekte deurgee van die toer wat ons as hokkiegemeenskap baie interessant sal vind.

Mag ek op hierdie stadium BAIE DANKIE sê aan elke ouer wat dit vir hulle kind(ers) -eina- moontlik gemaak het om op die ongelooflike "lewensreis" te kon gaan. Ek dink persoonlik hulle het nie net baie hokkie geleer nie, maar beslis ook ander goed gesien en beleef wat hulle nog sal bybly in die lewe.

Hou die bladsy dop vir foto's na die markbesoek.

Groete uit Die Tuin


























5 comments:

  1. Baie dankie dat jy ons so op hoogte gehou het met die toer, dit voel amper of ons saam met julle daar was! Die foto's het ons baie geniet! Is nou net opgewonde dat julle moet terugkom! Sal solank die skaaptjoppie op die kole sit! Geniet die laaste dag van die toer!

    ReplyDelete
  2. Graag voeg ek ook my innige waardering by dié van Mariette - Soos die skrywer hier bo, glo ek dat hierdie toer 'n "belegging" van groot waarde was, en dat julle ryklik daarvan sal oes. Jong mense is soos sponse en neem alles rondom hulle in. So glo ek dat die afrigters ook veel geleer het by die "Koninklijke Nederlandse Hockey" want Nederland is van die voorste hokkiespelers in die wêreld. Dit is tragies dat Suid-Afrikaanse hokkie so aan die agterspeen moet suig - mens fynkam koerante en kry soms klein-klein beriggies selfs al presteer die spanne baie goed. Alles van die beste met die laaste dingetjies voor jul terugkom.

    ReplyDelete
  3. Baie dankie vir die afrigters weereens wat ons kinders onvoorwardelik en met baie liefde en omgee vergesel het en beheer het. Weet ons as ouers waardeer dit. Sonder julle sou dit ook nie moontlik gewees het vir hulle nie. Ons sal nie alles van die afrigters glo nie net soos julle nie alles oor die ouers mag glo nie. Lol. Sien uit na more. Ons verlang baie. Die Nederlanders in Amsterdam dink ons het die mees opgevoedste kinders en afrigters. Gevra hulle moet dit epos na skool se epposadres. Veilige reis.

    ReplyDelete
  4. Berig oor julle besoek:

    Hier ( rol af tot by die berig) : http://www.schc.nl/site/default.asp?option=2502&stcname=nieuwsflats



    SCHC- Menlo Park: Zuid-Afrikaans Hockeyfeest op Stichtsche
    Woensdag 2 april 2014 speelden twee teams van Stichtsche tegen twee Zuid-Afrikaanse teams van de school Menlo Park. De Zuid-Afrikanen spelen competitie vanuit school, en zijn met hun hockeyteams op tour door Nederland onder begeleiding van Niels Bakker van hockeyreizen.nl. Het mooie weer nodigde uit tot twee mooie, sportieve en vriendschappelijke wedstrijden.
    In beide wedstrijden bleken de Zuid-Afrikaanse jongens topfit en in staat tot grote versnellingen op het veld. Stichtsche zette daar een grotere techniek tegenover en wist de sportieve wedstrijd tot een overwinning te brengen. De wedstrijd van SCHC B2 tegen Menlo Park U16 eindigde in 5-0. De andere wedstrijd van SCHC A2 tegen Menlo Park U18 eindigde in 3-2.
    Het belangrijkste was de sportieve ontmoeting tussen de hockeyers, de begeleiding en de aanwezige ouders. Er werd dan ook een mooie groepsfoto gemaakt en shirtjes zijn uitgewisseld. Een kleine 100 aanwezigen dineerde vervolgens op het clubhuis van Stichtsche met Italiaanse pasta en Hollandse appeltaart. De jongens legden onder het eten contact met elkaar en ook aanwezige meisjes. Nico Erasmus, de leider van de Menlo Park hockeyteams dankte Stichtsche tot slot voor de gastvrijheid en nodigde uit om eens langs te komen in Pretoria voor een rondje in provincie Gauteng. Wordt vervolgd!
    groet, Dick

    ReplyDelete
  5. En nog een:
    http://www.nieuwsbladdekaap.nl/lokaal/zuidafrika_op_bezoek_bij_de_doornse_hc_2958077.html

    Twee Zuid-Afrikaanse teams hebben afgelopen dinsdag op de Doornse HC een tweetal oefenwedstrijden gespeeld tegen de MA1 en MB1 van Doorn. De Zuid-Afrikaanse meiden zijn op een hockeyreis in Nederland en deden de Doornse HC aan om daar op dinsdagavond te komen eten en een wedstrijd te spelen.

    De Zuid-Afrikaanse teams zijn afkomstig van de ‘Hoërskool Menlopark’, een middelbare school die zicht richt op creativiteit en sportiviteit, waarbij deze groep zich specifiek richt op hockey naast de studie. De twee teams reizen een week lang door Nederland om daar tegen Nederlandse teams te hockeyen en de Nederlandse cultuur te ervaren. Coach van de MB1 Tim Bron werd benaderd door de organisatie van deze reis of hij geïnteresseerd was in het organiseren van een oefenwedstrijd. Dit resulteerde in een gezamenlijk lasagnediner met de twee Afrikaanse teams en de MA1/MB1 van de DHC. Na afloop werden twee wedstrijden gespeeld die afliepen in een 6-0 en 3-0 winst voor Doorn.

    Eerder al deed een Amerikaans team de Doornse HC aan voor een oefenwedstrijd, en de organisatie ‘Hockeyreizen.nl’ heeft aangeven vaker de hockeyclub te benaderen voor internationale (oefen)wedstrijden. Coaches Sander Claassen, Tim Bron, Willem den Beer en Teuntje de Boer kunnen terugkijken op een leuke, mooie maar vooral leerzame hockeyavond.

    ReplyDelete