Monday, March 31, 2014

Wedstryde teen Alliance

Wanneer jy teen een van die sterkste klubs in Nederland speel, is die afwagting altyd groot. Ons spanne het in al hulle wedstryde redelik groot houe gevat. Daar kan altyd verskonings gesoek word maar ek dink dit sal billik wees as 'n mens die volgende in ag neem:

Die klub (Alliance) bestaan uit 1200 spelers op skolevlak;
Hierdie spelers speel alreeds van 'n jong ouderdom op astro - hulle leer nie hul hokkie op grasoppervlakte nie;
Die klub het 7 hokkievelde, en elke span het daarom genoegsame tyd vir oefeninge.

Een van die beste ervarings vir my as "buitestaander" is die manier waarop Shaun die afrigters bymekaar getrek het en die tekortkominge uitgewys het. Daar was na aanleiding hiervan 'n baie volwasse gesprek tussen al die afrigters gewees en almal het insette gelewer. Nooit kry 'n mens die gevoel dat daar enige afrigter is wat voorgee dat hy/sy alles weet nie. Shaun se insette by die seuns en die dogters is professioneel, en hy vervul sy rol en verantwoordelikheid as akademiehoof van Menlo uitstekend. Dit is goed dat daar druk op al ons hokkiespanne is want die tekorte het baie duidelik uitgestaan. Menlohokkie sal die vrugte daarvan pluk!

Dalk verdien ons o/18 seuns vermelding wat in een van die beste wedstryde 1-3 die onderspit gedelf het. Hulle sou met die tipe hokkie en die guts waarmee hulle gespeel het, menige span in Suid-Afrika kon getroef het. Hier volg enlele fotos van die wedstryde.

Groete uit Amsterdam










Madame Tussaud














Afrigtingsessie by Amsterdam Hokkieklub












Sunday, March 30, 2014

Maandag 31 Maart - die hokkie begin in alle erns

Vandat ons in Amsterdam aangekom het, het al die seuns en dogters oefensessies (draf) elke oggend gehad.
Vandag is daar 'n drie uur lange afrigtingsessie, met ons eerste wedstryde wat vanmiddag/vanaand plaasvind. (Ons gaan tussen die afrigtingsessie en die wedstryde Madame Tussaud besoek)

Na gister se wedstryde is ons spanne definitief bewus van die uitdaging wat hulle in die gesig staar - die tipe hokkie en die tempo waarteen gespeel word is uitstaande. Ek sal die wedstryde se uitslae en foto's vanaand, sodra ons terug is, plaas op die blog. 

Dit is vir die eerste keer bewolk en kouerig vandat ons hier aangekom het.

Groete uit 'n pragtige Amsterdam.

Hard Rock Cafe

















Wedstryde by Amsterdamklub