Tuesday, April 1, 2014

Dinsdag seunswedstryde by Athena (fasiliteite)

Met die planne vir 'n hokkieklubhuis is dit dalk gepas dat ek Athena se fasiliteite (wat 'n nuwe klubhuis insluit) wys. Die klub is hierdie jaar tien jaar oud en het hierdie maand hulle nuwe klubhuis in gebruik geneem. Let op die onderste verdieping is glas reg rondom en daarom kan 'n mens al die astro's die hele tyd sien. Let op die ten volle toegeruste gimnasium met die nuutste apparaat, fisiokamer en badkamers. Die klub het 1700 klublede. Die o/16 seuns het 3-6 verloor, terwyl die o/18's nie op dieselfde vlak as gister kon speel nie (verloor 0-5). Die dogters se uitslae is nog nie bekend nie, omdat hulle by 'n ander klub gespeel het, en nog nie terug is nie.










3 comments:

  1. Sjoe, dit is geen wonder die Nederlanders speel so goed hokkie nie. Met al daardie wonderlike voorregte. Dan voel ek dat ons kinders nie sleg vaar nie. Ek dink ons afrigters is puik en doen wonderlike. Ons is trots op julle almal. Wel gedaan Menlopark. Wanneer begin ons bou aan ons hokkie gim ens? Sal solank borge begin soek........lol. Baie dankie vir die mooi foto's. Geniet dit 100%.

    ReplyDelete
  2. Sjoe, dit is geen wonder die Nederlanders speel so goed hokkie nie. Met al daardie wonderlike voorregte. Dan voel ek dat ons kinders nie sleg vaar nie. Ek dink ons afrigters is puik en doen wonderlike. Ons is trots op julle almal. Wel gedaan Menlopark. Wanneer begin ons bou aan ons hokkie gim ens? Sal solank borge begin soek........lol. Baie dankie vir die mooi foto's. Geniet dit 100%.

    ReplyDelete
  3. Weereens BAIE dankie vir al die inligting wat hier geplaas word - besondere geriewe, en dit op "skoolvlak' - "state of the art", soos hulle sĂȘ! Ek stem saam Martie, wanneer jong mense van kleins af soveel aandag kry, is dit geen wonder dat die resultate nie uitbly nie. Hokkie in Suid-Afrika is nog nie eers in die professionele liga nie, so daar is nog 'n VER pad om te loop. Mens mag drome droom, dan nie? :) Stuur asb baie groete vir Elmien Marais van haar ouma hier in Groblersdal.

    ReplyDelete