Thursday, April 3, 2014

Wedstryde in Rotterdam

Rotterdam se hokkie is die nr 1 klub in Nederland. Gevolglik was die wedstryde weer kliphard. Die onder 18 seuns en dogters het albei gelykop gespeel (seuns 1-1; dogters 2-2). Die onder 16's is, saam met n klompie beserings, op die leerkurwe. Al die spanne se hokkie het groot treë hierdie afgelope week gegee. 

Die wedstryde hier is almal 35 minute aan 'n kant - dit is dus gevolglik 70 minuut wedstryde. Die aanpassing m.b.t. Tyd is veral sigbaar by die o/16 omdat hulle gewoond is aan 50 minute. 20 minute se ekstra hokkie teen 'n hewige tempo is baie rof op die spelers se bene. Ons seuns en dogters sal verseker sterker terugkom in Suid-Afrika.

Vandag is die temapark Efteling op die spyskaart - blykbaar gaan dit n ongelooflike ervaring wees. Vanaand is dan ons laaste wedstryde en ons wil graag op n hoogtepunt afsluit - die vyfde wedstryd in n ry teen top hokkieklubs. 

Die weer vandag is die eerste keer Europese weer vir die tyd van die jaar. Dit lyk maar baie kouerig.

Intussen moet u maar so 'n stukkie rooivleis vir die kinders reg hê vir Sondagaand - GEEN pasta, brood, kouevleis of kaas nie asb!

Groeteuit The Hague

2 comments:

  1. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Die vleis sal reg wees met heerlike groente. So eg aan die Afrikaner. Rooivleis. Geniet elke oomblik. Julle is wenners. Absoluut Menlo Wenners.

    ReplyDelete
  2. Baie dankie weereens - pragtige tellings van die O/18's! Wonderlik gevorder van dag een af. Om teen sulke opponente te speel, bring die beste in elkeen na vore. Ja, sekerlik was daar baie aanpassings om te maak, maar dit lyk of die jonges gou hul voete gevind het. Alle sukses vir die laaste wedstyd vanaand. Was self al 'n paar maal in Nederland waar vleis peperduur is - - ons Suid-Afrikaners verlang sommer gou-gou na die "vleispotte" van ons land! Henrietta Klaasing ( Elmien Marais se ouma in Groblersdal)

    ReplyDelete