Wednesday, April 2, 2014

Eesrte wedstryde in Den Haag

Die kompetisievlak bly baie hoog. Al die spanne speel die hele tyd teen al die spanne in die premierliga. Die seuns o/18 span het 2-3 verloor, en was ongelukkig om nie die wedstryd te wen nie. Die o/16 seuns se telling was 0-5 teen hulle, maar sit met so 'n besering of wat in die groep, wat dit nie makliker maak nie.

Wat die dogters aanbetref kry al drie dogterspanne te doen met die top spanne in Nederland. Daar is egter vordering en die voortdurende druk op ons dogters help baie om die karakter te toets en te ontwikkel en die beste uit die spelers te haal. Waar ons dogters oor die algemeen baie meer aanvallende hokkie in SA kan speel, word  hulle verdediging op hierdie toer voortdurend getoets (spanne in Pretoria toets oor die algemeen nie ons verdediging op so 'n vlak soos hier nie)

Vandag is daar 'n kliniek en dan wedstryde. 

Kan ek net sĂȘ dat die wedstryde word by verskillende klubs gespeel, daarom die oormaat foto's van die seuns op die blog.

Groete uit Den Haag.











No comments:

Post a Comment