Tuesday, April 1, 2014

Dinsdagoggend in Amsterdam

Na die groot wedstryde van gisteraand, is die spelers vanoggend toegelaat om so bietjie later te slaap. Op hierdie stadium is van hulle nog aan't ontbyt. Elke span het 9:30 'n spanpraatjie saam met hulle afrigters.

Die res van die oggend het hulle vrye tyd en kan hulle die stad vir oulaas verken. Ons gaan vroegmiddag na die grootste hokkiewinkel in die wêreld - ons hoop nou die finansies hou. 

Die 5 spanne speel vandag op drie verskillende plekke, en ek sal die uitslae deur die loop van die aand deurgee. Daar is sekere piektye wat die hele hostel se inwoners in die "lobby" is en almal is dan op hulle selfone - dan kan 'n mens feitlik niks aflaai of uitstuur nie, veral nie foto's nie. Ons is wel gelukkig dat ons nog elke dag soveel foto's kon aflaai. Ek glo ons sal dit ook in Den Haag regkry.

Dit gaan sover regtig goed met elke kind (so hier en daar is daar ouens wat 'n bal op die been of knie gekry het). U is welkom om kommentaar op die blog te plaas.

Groete uit Amsterdam.


5 comments:

  1. BAIE dankie, jul gereelde berigte en foto's word opreg en innig waardeer!

    ReplyDelete
  2. Moet asb nie ophou fotos laai nie. Ons besef dit is soms moeilik en sien ook die tyd wat van hulle gepost word. So baie dankie! Nie net sien ons ons kinders nie, maar kry ons ook 'n idee van hoe dit daar lyk. Geniet elke oomblik. Groete Amelda

    ReplyDelete
  3. Groot dank vir die baie moeite met die blog. Vir hierdie ma is die leë nes sindroom toe NIE die leë nes se droom NIE! So al hierdie foto's en inligting maak dinge makliker aan hierdie kant! Haha

    ReplyDelete
  4. Baie dankie weereens vir al die foto's. As dit nie vir jou foto's was nie was ek beslis een van die mamma's wat sou gebel het om te hoor hoe dit met my kind gaan en of sy nog lewe. Nou sien ek dit gaan sommer baie goed met almal. Sy is in elk geval gehok tot sy 21 is want sy het my vergeet. Lol. Ek troos my daaraan dat sy gelukkig is anders sou sy lankal gebel het. Baie baiedankie vir julle almal.

    ReplyDelete
  5. Ons kry n paar sms' e van die Nederlanders wat die nrs op naamplaatjies gesien het. Ene Mees en n Pieter Blauw. Se vir die meisies ons gaan hulle wurg. Lol

    ReplyDelete